Welkom by

PIKKIELAND

www.pikkieland1965.co.za

Babasale

KLEUTERKLASSE

Ouerdae

AKTIWITEITE

NOODHULPDIENSTE

…waar ons speel-speel groot word!

Ja, verseker, by Pikkieland ontdek jou liefiekind die vreugde en genot van LEER, deur SPEEL!

Babasale

Pikkieland se crèche-afdeling het 12 babasale waar babas volgens ouderdomme ingedeel is, met ooreenstemmende opvoedkundige programme en stimulerende apparate. 

‘n Gekwalifiseerde mediese suster is daagliks aan diens en behartig o.a. ons babas se voedings, voorraadaankope, medikasie en opvoedkundige programme. Babasale is baie ruim, kleurvol en babavriendelik ingerig.

Kleuterklasse

Pikkieland se kleuterskool-afdeling het 6 kleuterklasse: 
1 oorbruggingsklas 
3 klasse vir 3-4 jariges (Gr. RRR)
2 klasse vir 4-5 jariges (Gr. RR)

Daar is gekwalifiseerde, gegradueerde kleuterskoolonderwyseresse wat vir die kleuters daagliks hul opvoedkundige akademiese sillabus aanbied.

Ouerdae

Elke ouderdomsgroep (babas vanaf 4 maande tot kleuters van 5 jaar) het elke termyn ‘n ouerdag.

In die kleuterklasse word ‘n temabespreking met die kleuters aangebied in die teenwoordigheid van die ouers sodat ouers kan waarneem hoe die kleuters deelneem, konsentreer en respondeer tydens aanbiedinge. Gewoonlik baie insiggewend vir die ouers asook groot pret vir die kleuters.

In die babasale word elke ouderdomsgroepie se spesifieke ontwikkelingsfase bespreek en stimulerende programme asook opvoedkundige speelapparate word gedemonstreer.

Gratis Ekstra Aktiwiteite

1. Karate word een keer per week in ons mediasentrum vir die kleuters aangebied.

2. Ballet word een keer per week in ons mediasentrum vir die kleuters aangebied.

3. Kleuters vanaf 3 jaar kry weekliks blootstelling aan rekenaars, die handtering van ‘n “muis”, asook opvoedkundige rekenaarprogramme bv. Jump Start, Big Boet, Fuzz & Ditto, ens.

4. Geletterd- asook gesyferdheid word daagliks deur ons kleuters bemeester m.b.v. persepsiewerk wat op verskillende ouderdomsvlakke vir die maats aangebied word.

5. Bak-en-brou is ‘n groot lekker-kry-aktiwiteit wat elke Vrydag deur ons Pikkies geniet word.

Hierdie 5 aktiwiteite word heeltemal gratis op ‘n weeklikse basis vir die kleuters aangebied.

Noodhulpdienste

Noodhulpdienste vir AL ons Pikkiemaats.

Die gesondheid en veiligheid van al ons Pikkie-maats is vir ons van UITERSTE belang.

Indien daar enige vorm van nood by u maatjie ontstaan wat gespesialiseerde mediese hulp vereis, sal u maatjie dit ontvang, deurdat ‘n noodoproep deurgestuur word. Die nodige ambulans- asook gespesialiseerde para-mediese nooddienste sal dadelik na Pikkieland geallokeer word.

Sodoende sal ons die nodige hulp, so spoedig moontlik by u maatjie kry.

Ons DIERBARE VADER is ELKE DAG saam met ons, maar dit gee ons gemoedsrus dat alles menslik moontlik gedoen word by Pikkieland, indien u maatjie dit nodig mag hê.

Gradeplegtigheid en Revue

Gradeplegtigheid en revue word teen die einde van elke jaar gehou tot pure genot en vrolikheid vir die kleuters en vreugdevolle herinneringe vir die ouers.

Skoolgeld vir 2026

Ingesluit by die skoolgeld is die volgende:
Ontbyt
Gekookte gebalanseerde middagete
Verversings 10h00 en 15h00
Gratis:
Karate
Ballet
Rekenaarklasse
Bak-en-Brou - Vrydae
Registrasiefooi – R 500.00 eenmalig
Babas en Peuters – R3 500.00 per maand
Kleuters 3 -5 Jaar – R3 500.00 per maand 
(Weeklikse Karate, Ballet, Rekenaarklasse asook Bak-en-Brou ingesluit)

Halfdag - R3100.00 per maand (06:00 - 14:00)

Dit is vir Pikkieland Crechè cum Kleuterskool ‘n voorreg om ons Pikkie-maats, in n veilige opset, groot en ruim speelgronde, ingerigte piekniek- en partytjiegeriewe, eie rekenaar-en mediasentrum, te stimuleer, op te voed en liefdevol te versorg terwyl pappa en mamma met gemoedsrus by die werk hul dagtake kan verrig.

Welkom by Pikkieland

Pikkieland Creché cum Kleuterskool bestaan sedert 1965, dus vir 60 suksesvolle jare en funksioneer op ‘n vlak wat ander instansies probeer nastreef. 
083 451 6981
424 19de Laan, Villieria, Pretoria, 0186
Maandag tot Vrydag – 06:00 tot 18:00
(insluitend alle skoolvakansies deur die jaar)
Naweke - Gesluit
Publieke Vakansie Dae - Gesluit